VS Groeiersgroep is ‘n Suid Afrikaanse Maatskappy wat gestig is deur ‘n groep kommersiële produsente / boere in die Vrede, Vrystaat omgewing.
VS Groeiersgroep het ten doel om lede / produsente / aandeelhouers se inset behoeftes te kombineer en as ‘n eenheid/identiteit aankoop pryse te onderhandel met verskillende inset verkaffers. Hierdie gesamentlike onderhandelinge stel beide groot en kleiner kommersiële boere in staat om met gunstige pryse, termes en dienste te produseer. VS-Groeiersgroep se verhoudinge met verskaffers is uiters belangrik en verskaffers word as vennote in die produksie proses beskou. Die groep verleen ook bystand met verhandeling van graan, die aankoop van bates, kort-termyn en oes versekering. VS-Groeiersgroep is ook ‘n platform waar lede inligting rakende landbou sake en aktiwiteite kan deel.
VS Groeiersgroep bestaan slegs uit kommersiële produsente / boere en word verteenwoordig deur ‘n direksie wat benoem en verkies is uit die lede, deur die lede. Geografiese ligging van lede het uitgebrei oor die afgelope 2 jaar en sluit verskeie streke in Suid Afrika in naamlik Gauteng, Vrystaat, Noordwes, Mpumalanga en Noord Natal. Tans bestaan VS Groeiersgroep uit 125 entiteit geregistreerde lede waarvan 9 lede op die direksie dien. Die administratiewe en finansiële bestuur word onder beheer van direksie uitgevoer deur die finansiële en adminitratiewe personeel van VS Agri. VS Groeiersgroep is gestig deur boere, word bestuur deur boere ten bate van die boere.